Nuwe wolseisoen skop af met toename van 2,1%

0

Estimated reading time: 2 minutes

Die 2021/22-wolseisoen het hierdie week afgeskop en die aanwyser het met 2,1% toegeneem om teen R166,13 te sluit. Die finale aanbod was 12 498 bale nadat 3 379 bale onttrek is. Van die bale wat aangebied is, is 92,47% verkoop.

Read it in English

Die aanbod het hoofsaaklik uit medium lengte wol bestaan, waarvan 58% fyner as 20 mikron getoets het. Volhoubaar geproduseerde wol het 52% van die Merino-aanbod uitgemaaak. Fyn en volhoubaar geproduseerde wol het goeie mededinging uitgelok en beter as die markgemiddeld presteer.

Die rand het 9% verswak teenoor die Amerikaanse dollar, vergeleke met die vorige veiling. Die verswakking het bygedra tot ’n styging in al die mikrongroepe. Die mark het met 6,33% in Amerikaanse dollarterme afgeneem.

Die Australiese mark het met 3,57% in Australiese dollar verswak teenoor die laaste veiling van 14 Julie 2021.

Gemiddelde wolpryse per kategorie

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron styg met 4,5% en sluit teen R231,72/kg.
  • 18,5 mikron neem toe met 3,8% en sluit teen R219,87/kg.
  • 19 mikron verhoog met 4,3% en sluit teen R197,95/kg.
  • 19,5 mikron versterk met 5,7% en sluit teen R181,62/kg.
  • 20 mikron is 1,5% op en sluit teen R158,55/kg.
  • 20,5 mikron is 1,1% sterker en sluit teen R151,98/kg.
  • 21 mikron styg met 2,3% en sluit teen R150,85/kg.
  • 21,5 mikron het met 1,9% toegeneem en sluit teen R146,26/kg.
  • 22 mikron styg 0,5% en sluit teen R138,28/kg.
  • 22,5 mikron is 2,3% beter en sluit teen R134,75/kg.

Die volgende veiling is vir 18 Augustus 2021 geskeduleer, waar sowat 8 147 bale aangebied sal word. Sien die laaste verslag van die 2020/21-wolseisoen hier. Persverklaring, Cape Wools SA