Nuwe wolseisoen skop op ’n hoë noot af

455
wool

Die nuwe wolseisoen het onlangs weggespring met ’n aanbod van 8 146 bale, waarvan 94,45% verkoop is.

Die aanvanklike aanbod is met 1 280 bale verminder weens onttrekkings wat voor die veiling plaasgevind het.

Fyner wolle kom bo uit

Te midde van die internasionale onsekerheid en afwaartse druk op die Australiese mark, wat 11,45% afgeneem het, asook ’n 2,2% verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar, het die plaaslike mark met 5,7% in randterme gedaal en op R137,37 gesluit. Die swak vlak van die rand kon nie die prysvlakke ondersteun nie en die mark het dus 7,7% laer in Amerikaanse dollarterme verhandel.

Die fyner wolle het beter as die markgemiddeld presteer, terwyl sterker mikron wol onder druk gekom het. Mededinging het met die verloop van die veiling verbeter en die vraag na volhoubaar geproduseerde wol was goed.

Standard Wool SA, Lempriere SA, Modiano SA en Stucken & Co was die grootste kopers op die veiling.

Gemiddelde pryse per kategorie

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron daal met 2,4% en sluit teen R163,47/kg.
  • 18,5 mikron neem af met 4,4% en sluit teen R152,14/kg.
  • 19 mikron verlaag met 3,7% en sluit teen R146,83/kg.
  • 19,5 mikron verswak met 5,6% en sluit teen R141,66/kg.
  • 20 mikron is 4,5% af en sluit op R140,08/kg.
  • 20,5 mikron is 4,1% swakker en sluit op R138,16/kg.
  • 21 mikron verlangsaam met 6,3% en sluit op R135,58/kg.
  • 21,5 mikron het 4% afgeneem en sluit op R138,64/kg.
  • 22 mikron daal 1,6% en sluit op R138,63/kg.
  • 22,5 mikron is 2,6% swakker en sluit op R134,25/kg.

Die volgende veiling, waar ongeveer 6 893 bale aangebied sal word, is geskeduleer vir 19 Augustus 2020. – Cape Wools SA