In Maandag, 23 Julie 2018, se Grootplaas gesels ons oesskatting- en renostersake.

Produsente, en ook die landbousektor as geheel, sou ‘n paar stappies agter gewees het sonder doeltreffende beplanning. Hierdie beplanning sluit in oesskattings, wat boere en kopers in staat stel om besluite op grond van akkurate data te neem. Rona Beukes van die Oesskattingskomitee kuier in die ateljee en verduidelik waarom hierdie funksie nodig is vir die bedryf.

Daarna bring Bonné de Bod ons weer op hoogte van renostersake.

Nuusborg: Nutri Feeds

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Standard Bank

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas