Die Nasionale Oesskattingskomitee het onlangs die oppervlakteskatting en derde produksieskatting van wintergewasse vir die 2020-produksieseisoen vrygestel.

Koring

Die verwagte produksie vir koring is 2,134 miljoen ton, wat 5,48% of 110 960 ton meer is as die vorige skatting van 2,024 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 4,19 ton/ha is. Dit is die grootste verwagte koring-oes sedert die 2,427 miljoen ton van die 2002-seisoen.

Read it in English

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,092 miljoen ton (51%), in die Vrystaat 432 400 ton (20%) en in die Noord-Kaap 277 500 ton (13%).

Ander gewasse

Die produksieskatting vir moutgars is 526 706 ton, wat 1,27% of 6 600 ton meer is as die vorige skatting van 520 106 ton. Die oppervlakte beplant word op 141 690 hektaar beraam, terwyl die verwagte opbrengs 3,72 ton/ha beloop.

Die verwagte kanola-oes is 137 356 ton, wat 8,56% of 10 836 ton meer is as die vorige skatting van 126 520 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 74 120 hektaar, met ’n verwagte opbrengs van 1,85 ton/ha.

Die verwagte haweroes (ontbytgraan) vir die 2020-seisoen is 47 400 ton. Die oppervlakteskatting is 26 200 hektaar en die verwagte opbrengs is 1,81 ton/ha.

Neem kennis dat die vierde produksieskatting vir wintergewasse vir 2020 op 26 November vanjaar vrygestel sal word. – Persverklaring, Oesskattingskomitee