In landbou moet jy jou risiko’s ken, ontleed en versprei. Ignaz Schutte van AgriSeker in KwaZulu-Natal, gesels oor die werklike risiko van hael in sy streek. Hy gee ook raad oor die verspreiding van bestaande risiko’s deur middel van oesversekering.

Saaiboerdery verg beplanning. Dit sluit in die tipe saad en kunsmis wat gebruik word, voor- en na-plantopsies en oesversekering. Chris Wilken, wat die Noordkaap- en Suid-Wes-Vrystaatstreek vir AgriSeker bestuur, brei uit oor die gemoedsrus wat saam met oesversekering kom.

Eugene Wandrag, AgriSeker-streeksbestuurder in die Oos-Vrystaat, gesels oor die bou van premies in oesversekering en die tipe opsies wat oesversekering bied, tesame met die waardeproposisie daarvan.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur AgriSeker. Besoek hul webwerf hier.