Estimated reading time: 3 minutes

Nuwe tegnologie en die gebruik van data het ’n toenemende effek op elke bedryf en landbou is geen uitsondering nie. Verbruikers ontdek voortdurend meer produktiewe en kostedoeltreffende metodes om dieselfde take te verrig en hulle ontwikkel ook baie hoër verwagtinge – dit is nie meer goed genoeg om dieselfde ervaring as voorheen aan te bied nie.

Read it in English.

Old Mutual Insure en SwiftVee, ’n landboutegnologiemaatskappy, is opgewonde om VeeSure bekend te stel. Dit is ʼn nuwe digitale versekeringsoplossing wat ontwerp is om die veranderende behoeftes van die Suid-Afrikaanse veekoper- en produksieveilingsmark te ondersteun.

Aanlynversekering met ‘n persoonlike aanslag

“As innoveerders van aanlyn-veeveilings in Suid-Afrika, is ons trots daarop om die gaping tussen tradisionele landboubesigheid en die voordele van die nuutste tegnologie te oorbrug. Ons is opgewonde om saam met Old Mutual Insure te werk om innovasie in die landbouversekeringsektor ’n werklikheid te maak, wat betekenisvolle waarde vir alle belanghebbendes sal toevoeg,” sê Russel Luck, uitvoerende hoof van SwiftVee.

“Met hierdie baanbrekertegnologie bied ons ’n digitale ekosisteem aan kopers van lewendehawe. Hulle kan diere nou aanlyn via ’n regstreekse virtuele veiling koop. Hulle kan ook kontak met die lewendehawe-agent en die afslaer maak en toegang tot die VeeSure-aanlynversekeringsoplossing kry om hul nuwe, trotse belegging te beskerm. Alles is op een platform by die verkoopspunt en vanuit die gemak van hul huis of kantoor beskikbaar,” voeg Hannes Smith by. Hy is die uitvoerende hoof van alternatiewe besigheidsoplossings by Old Mutual Insure.

“Produsente raak al hoe meer gemaklik met tegnologie. Hulle wil knoppies druk en nie tyd mors met eindelose vorms wat ingevul moet word wanneer hulle vee koop nie. Agterna wil hulle egter in persoon met iemand werk – iemand wat hulle kan vertrou. Die VeeSure-oplossing doen juis dit – aanlynversekering met ‘n persoonlike aanslag,” sê JP Swart van SwiftVee.

‘n Opwindende oomblik in ‘n nuwe era

Mense wil weet wie hulle in die toekoms gaan help nadat hulle ’n produk aanlyn gekoop het. VeeSure bied ’n diensmodel wat kliënte toegang gee tot Old Mutual Insure se ondersteuningspanne wat in landboudienste en -eise spesialiseer.

“Dit is ‘n opwindende oomblik in ‘n nuwe era. Old Mutual Insure en SwiftVee het hul hulpbronne, data- en digitale vermoëns, tegnologie en landbourisiko-kundigheid saamgespan om hierdie innoverende en moeitelose ervaring aan kliënte te bied. Dit gaan daaroor om verder as die ooglopende behoeftes van kliënte te beplan en die grense te verbreed om dít wat ons graag wil hê kliënte in die toekoms moet ervaar, te ontwikkel,” sê Liza de Beer, produkontwikkelingsbestuurder by Old Mutual Insure.

Vir meer inligting, besoek www.swiftvee.com of stuur ‘n epos na hello@swiftvee.com of Auction.Sales@ominsure.co.za.

Old Mutual Insure Limited is ‘n gelisensieerde FDV en nie-lewensversekeraar. Al die produkte word deur Old Mutual Insure onderskryf.

Klik hier vir ander artikels deur Old Mutual Insure.