SA Stamboek gaan omtrent by vanjaar se Alfa vee-ekspo uithaal en wys, met verskeie Logix-funksies en simposiums vir veeboere oor die loop van die drie dae. Thalia Brameld gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Skaapboere in die Somerset-Oos-omgewing kon hulle onlangs verlustig in ’n rits uitstekende voordragte tydens ‘n inligtingsdag van BKB en Zoetis, wat op intensiewe lamstelsels gefokus het. Carin Venter gesels met Philip Erasmus en Billy Schoeman hieroor. Luister nou na dié onderhoude.

Lindie Botha het by vanjaar se internasionale landbouskrywerskongres in Minneapolis in die VSA, ‘n toekenning ontvang vir ‘n artikel wat sy oor grondhervorming geskryf het. Lise Roberts gesels met haar oor hierdie eer wat haar te beurt geval het. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is dr John Purchase van Agbiz aan die woord en verduidelik meer oor waar landbou in die nasionale ontwikkelingsplan inpas. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur ASAA.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.