Lise Roberts praat in Dinsdag se program van RSG Landbou met Nico Groenewald van Standard Bank oor die doeltreffende tegniese ontleding van ‘n boerdery wanneer finansiële beplanning gedoen word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Wanneer boere met arbeidskwessies te doen kry is die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ‘n belangrike liggaam in die onderhandelingsproses. Adv Ernst Richter vertel meer oor die verskillende prosesse wat ter sprake kan wees. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dr Pieter Henning van Meadow Feeds het die jaarkongres van die Vereniging vir Amerikaanse Suiwelwetenskappe (American Dairy Sciences Association) bygewoon en hy gesels op RSG Landbou oor sogenaamde groot data wat op almal se lippe is. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.