Rhombus Media het onlangs Afrika se top tien omgewingshelde vir 2017 op hul webtuiste geïdentifiseer.

Die lys sluit in Nicholus Funda, hoofveldwagter van die Krugerwildtuin, Kerri Wolter, uitvoerende bestuurder van Vulpro, Tinyiko Golele, streeksveldwagter van die Krugerwildtuin, Savannah Heuser van die Emoya Big Cat Sanctuary, Johan de Beer van die Krugerwildtuin se K9-eenheid, Theanette Staal van die African Penguin and Seabird Sanctuary, wyle Frank Mabasa, ’n legendariese voëlgids van die Krugerwildtuin, wyle Wayne Lotter van PAMS Foundation in Tanzanië, Louise Joubert van Sanwild Wildlife Sanctuary, asook die Mpumalanga Toerisme- en Parkeraad en Mountainlands Estate Owners Association, wat na ’n tien jaar lange stryd in howe teen Barberton Mines ’n beslissing gekry het wat die Barberton Natuurreservaat se antieke geologie en 2 200 plantspesies bewaar teen prospektering en mynaktiwiteite.

Kliek hier om meer oor die omgewingshelde te lees.Ursula Human, AgriOrbit