Kyk weer 8 Oktober se aflewering van Grootplaas wanneer ons uitsluitlik op bome fokus.

Die Verenigde Nasies en die Wêreldbank beskryf die sluikhandel in hout as die mees winsgewende omgewingsmisdaad. Dit dra grootliks by tot die vernietiging van tropiese woude en bosveld-ekosisteme. Izak van der Merwe van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gesels met ons hieroor. Daarna kuier prof Andre de Villiers by ons in die ateljee, om oor die opwindende kampioenboomprojek te gesels.

Nuusborg: Netafim

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas