Tydens ons eerste ontmoeting met Borsie Strydom, het ons kennis gemaak met iemand wat ‘n aansteeklike passie vir kinders gehad het. Dit het nie net vir sy eie kinders gegeld nie, maar vir enige kind, veral vir jeugskoudeelnemers.

Hy het ook ‘n unieke en natuurlike aanvoeling en kennis van die Boerbokras gehad.

Borsie was ‘n legendariese Boerbokbeoordelaar en afrigter. Hy het sy beoordeling baie deeglik gedoen – só deeglik, dat ons altyd vir hom moes wag om klaar te maak sodat ons die jeugskou se prysuitdeling kon hou. Hy het elke kind wat hy beoordeel het, se foute aan hom of haar uitgewys en dan die regte manier van doen geïllustreer.

Borsie word alreeds baie gemis, nie net deur OP Jeugskou nie, maar ook die Boerbok-kinders, sy vriende en sy familie.

Sy groot skoene gaan nie maklik volgestaan kan word nie. Rus sag Borsie. – Herman en Liza Vigne (namens OP Jeugskou).