Een van die fokuspunte van die Landbounavorsingsraad is opleiding vir ontwikkelende boere. Die hoof van opleiding by die LNR, Erika van den Heever, verduidelik in Donderdag se uitsending van RSG Landbou hoe hierdie opleiding geskied en watter kursusse aangebied word. Luister nou na dié onderhoud.

Die Vereniging van Landbou-ekonome van Suid-Afrika is in 1961 gestig en bied vanjaar hul 57ste kongres in Bloemfontein aan. Lise Roberts gesels met die president van die vereniging, prof Ferdi Meyer, oor die instansie se werksaamhede asook die inhoud van die kongres. Luister nou na dié onderhoud.

Skaapboere in die Somerset-Oos-omgewing kon hulle onlangs verlustig in ’n rits uitstekende voordragte tydens ‘n inligtingsdag van BKB en Zoetis, wat op intensiewe lamstelsels gefokus het. Carin Venter het tydens die geleentheid met André Bezuidenhout van Feedtek gesels oor die voeding van ooie by intensiewe lamstelsel. Luister nou na dié onderhoud.

Frans de Klerk is ’n tegniese analis en hy gesels oor die jongste witmielieprys. Daarna is Chris Derksen aan die woord met die jongste vleispryse vanaf veilings in die Noord-Vrystaat met u te deel. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Agri Sales Academy Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.