Opwindende nuwe aanstelling by BKB

1182
Monica Ebert

Monica Ebert het op 1 Maart by BKB aangesluit as die internasionale handelsmerkontwikkelingsbestuurder. Sy neem as deel van haar take die verantwoordelikheid om Core Merino se handelsmerk te bestuur en ontwikkel, nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld.

“Daarbenewens werk ek ook aan strategiese projekte vir die posisionering en plasing van Suid-Afrikaanse wol op die internasionale markte. Ek is baie opgewonde oor die nuwe uitdaging wat voorlê. Suid-Afrikaanse wol is ’n ongelooflike produk, en ek wil graag die unieke verhaal van ons land se vesel met verbruikers regoor die wêreld deel.” – Carin Venter, Veeplaas