In RSG Landbou kyk ons op Maandae gewoonlik na ‘n paar veilings wat plaasvind en daar is dié rondte sommer ‘n hele paar veilings waaroor gepraat word. Hennie Maas het met Danie Voster gesels oor die Merino Classic wat op 14 en 15 Februarie in Richmond, Noord-Kaap plaasvind. Daarna is Arthur Blofield aan die woord om ons meer te vertel oor die Blouberg aanteelveiling wat 31 Januarie in Vivo plaasvind. Dan laaste maar nie die minste nie, hoor ons van Casper Beyleveld wat ons meer vertel oor die Take 3 Genetics veiling wat op 2 Februarie in die Afridome, Parys plaasvind. Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Hinterland.

 Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.