Maandae praat ons gewoonlik veilingsake op RSG Landbou en Hennie Maas bring ons op hoogte hiervan. Kobus du Toit gesels op RSG Landbou oor die Vlakte Bonsmara-veiling wat op 12 Oktober plaasvind. Daar is ook nuus van die Nasionale Jeugskou wat pas op George plaasgevind het. Carin Venter, ons RSG Landbou-medewerker in die Oos-Kaap, het daar gaan inloer en gesels met deelnemers en organiseerders oor die skou van vee en ook die kulinêre afdeling wat daar beoordeel is. Een van die interessante nommers op die Agri-Expo Livestock-program wat eersdaags plaasvind, is werkende skaaphonde. Lise Roberts praat met WA Hugo, wat vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor vertel.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur SOILL.