As u gereeld na RSG Landbou luister, sal u weet dat Maandae, veilingsdae is. Daarna gesels Hennie Maas met Kinear Geldenhuys oor ‘n Simbra/Simmentaler-veiling en met dr Chris Nel oor ‘n Sussex & Senepol-veiling wat binnekort plaasvind. Lise Roberts gesels met die hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou, Gerhard Kriel, oor die “Vriende van Landbou-organisasie” wat in die Vrystaat op die been gebring is. Hy praat ook oor ‘n veiligheidstoep wat ontwikkel is om veiligheid op plase te bevorder. Breyton Milford gesels oor Agri-Expo Livestock wat in Oktober in die Kaap gehou word. Luister nou na dié lekker gesprekke.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Old Mutual.