Donderdag se RSG Landbou-program skop af met die jeug. Daar is vanjaar ‘n rekordtal leerders wat aan die Old Mutual Insure Agri Nasionale Jeugskoukampioenskap vanaf 22 tot 25 September op Vryburg deelneem. Breyton Milford is aan die woord en hy sê daar is vanaar meer as 470 leerlinge wat in 15 kategorieë gaan meeding. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dan word daar lekker gesels met die boereworsmaker van die jaar, Olivier Kritzingeren. Hy is daar van Joubertina se wêreld en hy gesels oor sy heerlike suksesresep. Luister hier hoe sy wenresep werk.

Johan Potgieter is ’n tegniese adviseur by Nutri Feeds en hy praat oor kommersiële konynboerdery. Luister hier na wat nodig is om so ’n boerdery suksesvol te bestuur.

Lise Roberts hou ons op hoogte van die jongste vleispryse vanaf veilings in die Noord-Vrystaat. Luister hier na haar gesprek met Chris Derksen.

Die program sluit af met ‘n interessante gesprek met dr Hendrik du Toit van Geneco. Hy vertel onder andere oor hulle werksaamhede onder skaapboere in Engeland. Luister na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Netafim.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.