OVK Vesel verwelkom gesoute hoofbestuurder

199

OVK verwelkom Jacques le Roux. Hy sluit as hoofbestuurder van vesel aan en gaan vanuit OVK se Port Elizabeth-kantoor die leisels neem. Jacques is ’n boer in murg en been. Hy het in die Oos-Kaap grootgeword en aan Cradock Hoërskool gematrikuleer.

Jacques was as hoof uitvoerende bestuurder by Cape of Good Hope Wool Combers en daarna ook by Segard Masurel SA se handelsmaatskappy betrokke. Hy beskik oor al die ondervinding wat die veselbedryf bied.

OVK sien uit om met Jacques hande te neem, om sy goeie leierseienskappe en 28 jaar se gevestigde werksondervinding te benut om OVK Vesel na nuwe hoogtes te neem en markaandeel te vergroot. – Persverklaring, OVK