Die OVK Groep, met sy hoofkantoor in Ladybrand, is ’n vooruitstrewende landboumaatskappy in Suid-Afrika. Dié groep streef deurentyd na die uitbreiding en verbetering van sy dienste aan alle belangstellendes. Die groep se bestaansrede is om welvaart en volhoubaarheid aan landbouprodusente, aandeelhouers en alle ander belangegroepe te verseker.

Die groep vier in 2019 ’n welverdiende eeu van groei. Sedert OVK se ontstaan uit die Ficksburg Koöperatiewe Boerevereniging (1919), Ladybrand Koöperatiewe Landbauw Vereniging (1920), Clocolan Koöperasie (1929), Albert Koöperasie (1930), Karoo Oranje Landboukoöperasie (2004) en CMW (2014) het die groep gegroei na waar hy vandag meer as 12 000 boere-aandeelhouers bedien.

Die groep glo in diversifisering en het dus werksaamhede in verskeie landbougebiede. ’n Wye reeks produkte en dienste word aan kliënte gelewer. Verder is die mandjie van produkte wat OVK vanaf sy produsente aankoop en hanteer, ook goed gediversifiseer. Hierdie produkte word in uitgebreide droëland-, besproeiings- en ekstensiewe weidingsgebiede geproduseer; en OVK voorsien volle ondersteuning in hierdie waardeketting.

Die Dankie-Bakkie-kompetisie

Die OVK Groep hou in 2019 die Dankie-Bakkie-kompetisie om ’n eeu se groei en sukses te vier. Elke kliënt wat tussen 1 Januarie 2019 en 30 November 2019 besigheid ter waarde van R500 of meer met OVK doen, staan ’n kans om ’n Toyota Hilux 2.4 SRX Hi-Rise enkelkajuit-bakkie te wen. Die gelukkige trekking sal vroeg in Desember 2019 gedoen word. Besoek OVK vandag nog!

Vir meer inligting, besoek die webtuiste www.ovk.co.za.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here