Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is vanjaar op soek na die sesde Santam Landbou Kuilvoerkoning. Die doel van dié kompetisie is om by te dra tot die bevordering van goeie kuilvoerpraktyke. Buiten die naamborg, Santam Landbou, word die kompetisie ook deur verskeie prysborge ondersteun.

Een van dié prysborge is PANNAR Saad, wat reeds vir etlike jare die kompetisie ondersteun. In die 2018-weergawe van die kompetisie het PANNAR Saad sakkies saad ter waarde van bykans R100 000 aan die drie kategoriewenners, asook die algehele wenner en die skolewenner, geskenk.

PANNAR het ook deelgeneem deur kliënte se kuilvoer vir die kompetisie in te skryf – net soos die naamborg, Santam Landbou. In beide dié borge se geval het van hulle inskrywings nie net die top tien gehaal nie, maar ook ’n kategorie gewen of in die top drie van ’n kategorie geëindig.

Die kompetisie word deur Plaas Media aangebied, onder die vaandel van sy tydskrifte, Veeplaas en Stockfarm. Plaas Media is baie opgewonde oor PANNAR Saad se betrokkenheid by die 2019-weergawe van die kompetisie.

Inskrywings vir die 2019 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is nou reeds oop en sluit op 4 Maart 2019 vir winter-/kleingrane en op 6 Mei 2019 vir somergrane. Klik hier vir meer inligting. – Marike Brits, AgriOrbit