Lactalis South Africa (SA) is die nuwe naam van Parmalat SA. Dit is slegs ’n naamsverandering en geen van die bestaande produkte, handelsmerke of besighede word daardeur beïnvloed nie.

Read it in English.

Parmalat SA is al die afgelope nege jaar deel van die Lactalis-groep wat Parmalat in 2011 oorgekoop het. Die naamsverandering na Lactalis SA is die eerste stap om die plaaslike besigheid met die internasionale maatskappy te integreer.

Wêreldleier in die suiwelbedryf

Lactalis South Africa sal steeds die tuiste wees vir geliefde handelsmerke soos Parmalat, Melrose, Président and SteriStumpie, sowel as Bonnita, PureJoy, Galbani en Aylesbury, wat produkte in verskeie suiwelafdelings soos kaas, jogurt, melk, vla, room, drinkjogurt, maas, botter en roomys bied. Die Lactalis-groep is ’n wêreldleier in die suiwelbedryf met 250 vervaardigingspunte in 50 lande.

Marek Warzywoda, algemene bestuurder van Lactalis SA sê dat die naamsverandering ’n opwindende stap vir die plaaslike suiwelbedryf is. Hy sê dat dit ’n aanduiding is van die Lactalis-groep se vertroue in die besigheidsgeleenthede op plaaslike front. – Foodstuff SA