Die bestuur van ‘n boerdery waar hoëwaardegewasse soos bloubessies, aarbeie en soetrissies geplant word, is intensief van aard. Verliese aan opbrengste en selfs hulpbronne kan daarom groot skade aan die winsgewendheid en voortbestaan van so ‘n boerdery rig. Drupbesproeiing is dikwels ideaal vir hierdie tipe gewasse. Die ontwerp van hierdie tipe besproeiing verskil egter van dié van konvensionale gewasse. Hilgard Rossouw van Cherry Irrigation vertel ons nou meer. 

Wie is Cherry Irrigation?
Cherry Irrigation spesialiseer in die ontwerp en implementering van alle soorte landboubesproeiingstelsels. Hul ervaring strek oor 30 jaar en word ondersteun deur hul bereidwilligheid om op hoogte te bly van nuwe metodes en tegnologie.

Cherry Irrigation is aan die voorpunt van tegnologiese innovasie met ‘n goeie begrip van die tegniese aspekte van die bedryf. Cherry Irrigation pak besproeiingsprojekte in die SAOG-lande en die res van Afrika aan.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Cherry Irrigation. Besoek hul webwerf hier. Luister na ‘n vorige Cherry Irrigation-potgooi hier.