Pearston se jaarlikse kuddekompetisie het op 23 Mei op die plaas Walshingham plaasgevind.

Volgens die Pearston Landbouvereniging se voorsitter, Lood Lötter, het die kompetisie vanjaar op groepbeoordeling gefokus om die onderskeie produsente se kuddes te reflekteer.

“Dit was ‘n besonderse geleentheid danksy die aangename atmosfeer wat geheers het en die goeie kwaliteit diere wat ten toon gestel is,” sê hy.

Lood voeg by dat die borge gesamentlik ‘n bedrag van R60 000 tot die kompetisie bygedra het. “Dit was absoluut ongelooflik en het in ‘n groot mate tot die dag se sukses bygedra.”

Kompetisiekategorieë

Die kuddekompetisie, met TT Paulsen van Zoetis as hoofbeoordeelaar, het die volgende kategorieë ingesluit:

  • Angora-bokkies
  • Angora-tweetandooie
  • Merino-lammers
  • Merino-tweetandooie
  • Dohne-lammers
  • Dohne-tweetandooie
  • Boerbok ongewisselde ooie

Volgens Lood was die Angorabok-kompetisie, met ongeveer 200 ingeskrewe diere, van die beste gehalte wat hy nog gesien het. “Die punteverskil tussen die eerste prys en 20ste plek was maar slegs ses punte. Dit wil gedoen wees en is ‘n absolute pluimpie vir die bedryf.”

Angora-tweetandpryswenners

1ste plek – Bosch Broers (Somerset-Oos).

2de plek – Chris Greeff (Somerset-Oos).

3de plek – Colin Goosen (Somerset-Oos).

Angora-bokkies

1ste plek – gedeel deur Bosch Broers en Chris Greeff (Somerset-Oos).

2de plek – Toit Lötter (Pearston).

3de plek – Natie Troskie (Somerset-Oos).

“Nog ‘n groot hoogtepunt van die kompetisie was die 130 ingeskrewe Merinoskape wat ook as ‘n groep beoordeel is,” sê Lood. “Daar was baie goeie inskrywings en die groep is deur Cor Uys van OVK beoordeel.”

Merino-lammers

1ste plek – Toit Lötter (Pearston).

2de plek – Toit Lötter (Pearston).

3de plek – Darius Theron (Pearston).

Merino-tweetandooie

1ste plek – JC Dunn en Jackie Nel (Somerset-Oos).

2de plek – Boet Greeff (Somerset-Oos).

3de plek – JC Dunn en Jackie Nel (Somerset-Oos).

Dohne-lammers

1ste plek – Deon en NJ Arnoldi (Pearston).

2de plek – Michael Bosch (Somerset-Oos).

3de plek – Ruald Bosch (Somerset-Oos).

Dohne-tweetandooie

1ste plek – Ruald Bosch (Somerset-Oos).

2de plek – Simphiwe Fanie (Somerset-Oos).

Boerbokke

1ste plek – Jan Troskie (Pearston).

2de plek – Simphiwe Fanie (Somerset-Oos).

3rde plek – Lood Lötter (Pearston).

Vir enige navrae, kontak Lood Lötter gerus by 082 789 6095. – Carin Venter, Plaas Media