Pekanneute tree al hoe meer op die voorgrond in die plaaslike landboubedryf. Kontantgewasse word dikwels vereenselwig met onsekere winsgewendheid en wisselvalligheid. Die afgelope jare is hierdie probleem aangespreek met die oorskakeling na permanente gewasse, veral pekanneute. Grootplaas van 12 Februarie 2020 fokus op dié groeiende bedryf.

Chanelle Retief van NutriFundi gesels eers oor die gesondheidsvoordele van pekanneute. Daarna kuier André van Niekerk van Sandvet Pecans in die ateljee, en hy vertel meer oor pekanneutboerdery in Suid-Afrika.

Nuusborg: Old Mutual

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas.