Pieter van zyl

Pieter van Zyl is aangestel as die nuwe hoof uitvoerende beampte van Agrifriend Equipment, die meganisasie divisie van Suidwes Landbou.

Van Zyl was vir nege jaar deel van die uitvoerende bestuur van Northmec, ’n invoerder en verspreider van landbou implemente (byvoorbeeld CASE trekkers en stropers, Welger balers, Jacto spuite, Baldan grondverskuiwingstoerusting, Sorti voermengers, en meer).

As nasionale kleinhandelbestuurder vir Northmec was Van Zyl verantwoordelik vir produkverkope, brutowinsbestuur en koste- en voorraadbestuur. Op uitvoerende bestuursvlak het hy ook deelgeneem aan die strategiese beplanningsproses van Northmec. Van Zyl beskik oor ’n BSc (Hons) graad in mikrobiologie (NWU).

Volgens dr Herman van Schalkwyk, groep hoof uitvoerende beampte van Suidwes Landbou, het Van Zyl in sy kapasiteit as nasionale kleinhandelbestuurder waardevolle ondervinding opgedoen wat tot sy voordeel sal strek. Van Zyl sal op 2 Julie diens aanvaar. – Persverklaring