Die doeltreffende bestuur van plaagdoders kan jou winsgewendheid merkbaar verhoog. So sê George Prinsloo, besigheidsbestuurder by Laeveld Agrochem. Hy verduidelik in Woensdag se aflewering van RSG Landbou wat met die begrip “doeltreffende bestuur” bedoel word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Een van die finaliste in vanjaar se Syngenta/Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie, is Tonie Linde van Caledon. Hy gesels oor hulle boerdery. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die sesde Agri-Expo Livestock, vind vanjaar van 10 tot 12 Oktober 2019 op Sandringham buite Stellenbosch plaas. Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo, gesels oor dié groot veegeleentheid. Luister nou na hierdie onderhoud.

Yolandé Roodt sluit die program af met die nuutste wolmarkverslag. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.