Die lang wag is verby! Jy kan nou die eerste episode van Plaas TV kyk!

‘n Bekende gesig in die bedryf, dr John Purchase van Agbiz, skop die program af met ‘n kykie na die stand van sake in die sektor en uitvoere te midde die koronakrisis.

Daarna gesels ons met Luan van der Walt van Graan SA oor die produksieverwagtinge vir die 2020/21-somergraanseisoen.

Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie brei uit oor Wêreld-melkdag wat ook op 1 Junie gevier word.

Weerborg: AllFlex

Nuusborg: Simparica/Zoetis 

Kalenderborg: Standard Bank