‘n Nuwe graderingstelsel vir beesvleis is tans in sy ontwikkelingsfase en kan volgens Rudi van der Westhuizen van Samic, gehalte vleis aan verbruikers waarborg. Verbruikers sal ook bereid wees om meer hiervoor te betaal. Is dit ‘n wen-wen situasie en kan produsente hierby baat? Kyk 24 Junie 2020 se episode van Plaas TV wanneer ons oor dié opwindende onderwerp gesels.

‘n Splinternuwe uitdaging vir die Onderstepoort Voerkraaluitdaging – studente het vanjaar volstoom en vol moed weggespring, maar moes weens die Covid-19 regulasies, dinge ‘n bietjie anders doen. Dr Andy Hentzen gesels hieroor.

Markteborg: Nutri Feeds

Weerborg: AllFlex

Nuusborg: Simparica/Zoetis 

Kalenderborg: Standard Bank