Heinings en drade op plase kan ‘n groot bedreiging vir voëls inhou. Daar is egter maniere hoe boere hul heinings kan aanpas, sodat voëlspesies nie hierdeur bedreig word nie. Ernst Retief van BirdLife South Africa kuier in die Grootplaas-ateljee om hieroor te praat. Die internasionale Ensminger-varksimposium is vanjaar vir die eerste keer op eie bodem aangebied, en het rolspelers in die varkbedryf vanoor die hele wêreld gelok. Tydens die simposium is kwessies en nuwe tegnologie in varkproduksie bespreek. Kyk in 18 Junie se aflewering van Grootplaas na ‘n insetsel hieroor.

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas