Snoek, gerook of gebraai, is ’n gunsteling dis in Suid-Afrika. Snoek is een van die min vissoorte wat nog stabiele populasies handhaaf. Dié visse word deur middel van lynvisvang of treilvissery gevang, waarvan lynvisvang die meer volhoubare opsie is omdat die seebed nie beskadig word deur nette nie. Om op datum te bly oor watter vissoorte bedreig is, klik hier om die SASSI-lys te gebruik. Die onderstaande Plaaskos-resep vir snoekpatee is ’n maklike en vinnige manier om snoek effens anders as net heel te bedien. Die resep bedien vier tot ses mense, of selfs ’n bietjie meer.

Bestanddele

250g gerookte snoek

Sap van 1 suurlemoen

250g roomkaas

125ml vars room

1 eetlepel mayonnaise

2 eetlepels fyngekapte vars kruie

Sout en peper na smaak

Metode

  1. Rook die vis saam met die kruie van jou keuse.
  2. Sodra dit gaar is, vlok die vis en hou eenkant.
  3. Meng die ander bestanddele saam en sit die mengsel ’n ruk lank in die yskas.
  4. Meng dan die vis en die roommengsel saam om ’n patee te maak.
  5. Bedien saam met soutbeskuitjies.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here