Afval is tradisioneel ’n gesogte Suid-Afrikaanse gunsteling wat in verskeie maniere voorberei kan word. Afval het ook onlangs weer bekend geword as ’n eksotiese lekkerny en kan by verskeie restaurante geniet word. Lam- en skaapafval kan ook ’n bydrae tot ’n gesonde dieet maak.

Read it in English. 

Skaapvleis Suid-Afrika het onlangs ’n versameling resepte vir skaapafval gepubliseer. Dit behandel kortliks die koop en stoor van afval om verbruikers te help om ’n kwaliteit produk voor te berei. Die resepte sluit die volgende disse in: gevulde lamsharte, tongslaai, lamstertjies, skilpadjies en nierpasteitjies. Klik hier om die versameling resepte af te laai.Ursula Human, AgriOrbit