Viskoekies is ’n maklike en vinnige manier om ’n vullende middag- of aandete voor te berei. Dié salm-viskoekies is ’n deftiger weergawe. Bedien saam met doopsouse van jou keuse en ’n slaai. Ons het dit saam met koolslaai bedien. Kliek hier vir die unieke koolslaai-resep.
Bestanddele
1 blik salm of vars salm (400g)
2 sprietuie, fyngekap
2 eiers
’n Bietjie dille, fyngekap
’n Bietjie pietersielie, fyngekap
125ml koekmeel
Sout en peper na smaak
Metode
- Druk die salm fyn en voeg sprietuie, dille, pietersielie en sout en peper by.
- Klits die eiers en voeg by.
- Voeg meel by tot dit ’n stywe beslag vorm.
- Verhit olie in ’n diep braaipan en braai viskoekies tot goudbruin aan beide kante.
- Bedien saam met doopsouse en slaai. – Elmarie Helberg, Plaaskos