Plaaskos: Tamatiekonfyt

0
182

Tamatiekonfyt is een van die lekkerste maniere om jou oorryp tamaties te gebruik. Hoe ryper die tamaties hoe beter smaak die konfyt.

Bestanddele

Ryp tamaties, vel afgetrek

250g suiker vir elke 250g tamaties

500ml water vir elke 250g tamaties

Metode

  1. Bedek die tamaties met kookwater en laat staan vir ’n paar minute tot die skil maklik afgetrek kan word.
  2. Sny die tamaties in kleinerige blokkies.
  3. Voeg die tamaties, suiker en water in ’n pot saam en bring tot kookpunt tot die konfyt begin set.
  4. Skep in gesteriliseerde vlesse en verseël.

Klik hier om meer te lees oor ander maniere om tamaties, en selfs soet- of brandrissies, te verwerk wanneer jy te veel het. – Ursula Human, Farm Fare

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here