Wynverbruiker: Laat jou stem tel!

0
221
Nadia van der Colff.

Suid-Afrika is ’n groot wynprodusent met ’n onderontwikkelde wynmark. Dit impliseer dat daar potensiaal is om die plaaslike mark te stimuleer en moontlik ’n wynkultuur te vestig. Met ons diverse bevolkingsamestelling is dit wel eers nodig om wynverbruikers se verskillende behoeftes en persepsies te bepaal.

Nadia van der Colff, ’n PhD-student aan die Universiteit van Stellenbosch se Instituut vir Wynbiotegnologie, is tans besig om juis hierdie persepsies en aankoopgedrag van verskillende variëteite, soos Sauvignon blanc, Chardonnay en Chenin blanc, binne die witwynkategorie te ondersoek.

Om hierdie projek suksesvol af te handel, benodig sy heelwat mense om ’n elektroniese vraelys te voltooi. Wynliefhebbers kan hier kliek om die elektroniese vraelys te voltooi. Deel dit dan sommer ook met ander wynmaats.

Nadia gee graag erkenning aan die NRF, DST, Winetech en IWBT-Stellenbosch wat hierdie studie moontlik maak. – Persverklaring

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here