Presisieboerdery en veral presisiebesproeiing word toenemend noodsaaklik. ‘n Effektiewe besproeiingstelsel neem al die hulpbronne en produksiedoelwitte in ag en word ontwerp om optimale produksie te verseker. Willem Botha van Netafim gesels in 28 Augustus se episode van Plaas TV meer hieroor.

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging gaan oor die volgende vyf jaar bykans R640 miljoen spandeer om kleinboere in dié bedryf te ondersteun. Hierdie syfer is op die 93ste algemene jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging bekendgemaak. Rex Talmage brei uit in Plaas TV oor wat dié hulp vir opkomende boere behels.

Tony Wake van Mindwalker is terug op sy pos vir nog ‘n episode van Self-defence Fridays. Dié week fokus hy op waarskuwingstekens wat op jou plaas kan uitstaan waarop jy bedag moet wees.

Markteborg: Nutri Feeds

Weerborg en Inhoudsborg: Netafim

Nuusborg: Simparica/Zoetis 

Kalenderborg: Standard Bank

Advertensieborg: Bayer Animal Health

Agter die skerms: Plaas TV is ‘n gereelde aanlyn-televisieprogram wat die jongste landbounuus, aktuele kwessies, tegniese inligting, finansiële sake, weer en soveel meer aanraak – alles gefokus op die Suid- en Suider-Afrikaanse landboubedryf.

Plaas TV is a weekday online television programme designed to inform, educate and enrich. The programme will consist of a balanced mix of news, market updates, interviews, weather, event information and much more.

The programme is broadcasted on Mondays, Wednesdays and Fridays at 08:00 on the Plaas TV YouTube channel, which can be accessed at this link. Programmes will be available on demand and can be viewed at any time once uploaded.