Owl Rescue Centre, ’n geregistreerde nie-winsgewende rehabilitasiefasiliteit wat fokus op die welsyn van alle uilspesies in Suider-Afrika, het ’n unieke gebruik vir herwinde plastiek ontwikkel wat ook uile en diere soos vlermuise en bye bevoordeel, en terselfdertyd fondse vir hierdie noodsaaklike organisasie inbring.

Die organisasie se stigterslede, Brendan en Danelle Murray, het onlangs besluit dat al die sentrum se natuurbewaringsprodukte, insluitend uilhuise, vlermuishuise en byekorwe, van herwinde plastiek in plaas van hout vervaardig sal word.

Hierdie projek het ook ’n oseaanopruimingsmissie in die pyplyn en die verkryging van ’n skip is op die agenda. Die sentrum poog om seshonderd ton plastiek per jaar te herwin, wat dit ’n waardige en haalbare omgewingsprojek maak.

Plastiese afval raak al die wêreld se oseane en baie min word tans in Suid-Afrika gedoen om hierdie probleem aan te spreek. Daar word beweer dat ongeveer 8,8 miljoen ton plastiese afval jaarliks in die oseane gestort word, en dat daar dus wesenlike skade aan die mariene-lewe veroorsaak word.

Die projek mik om plastiekafval te verminder en die organisasie hoop dat die publiek hul daarin ​​sal ondersteun. Vir meer inligting oor Owl Rescue Centre, hierdie projek en hoe jy betrokke kan raak, besoek gerus hul webtuiste by www.owlrescuecentre.org.za. – Danelle Murray