Poggenpoel Molopo Bonsmara-veiling ’n reusesukses

Die Poggenpoel Molopo Bonsmara-stoet se 14de produksieveiling is aangebied op 28 Mei 2019 by die Stella-veilingskompleks. Die veiling was ’n reusesukses. Goeie pryse is behaal en weerspieël die uitstekende kwaliteit diere wat aangebied is. Die kopers wat van regoor die land die veiling bygewoon het, het van die beste teelmateriaal bekom.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys bul: R550 000.
  • Tweede hoogste prys bul: R320 000.
  • Gemiddelde prys bulle: R85 222.
  • Hoogste prys dragtige koeie: R70 000.
  • Hoogste prys kommersiële koeie en kalwers: R27 428.
  • Hoogste prys kommersiële oop verse: R 10 866.

Aangebied deur: Noordkaap Lewendehawe Vryburg.

Afslaer: Johan van der Nest.