Dié bul, BBM 15 0057, is vir die hoogste prys van R210 000 verkoop

Die Poggenpoel Molopo Bonsmara-stoet se 13de produksieveiling, wat op 29 Mei 2018 by die Stella-veilingslokaal gehou is, was ’n reuse-sukses. Die pryse wat op die veiling behaal is, weerspieël die uitstekende gehalte diere wat aangebied is. Altesaam nege bulle is vir tussen R100 000 en R200 000 elk verkoop. ’n Verdere 53 bulle is vir ’n gemiddelde prys van R76 415 per bul verkoop.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys bul: R210 000 (Kopers: Fourie Scheepers, Fouriesburg, en Nic Serfontein, Edenville)
  • Gemiddelde prys bulle: R76 415
  • Gemiddelde prys kommersiële koeie en kalwers: R27 000
  • Gemiddelde prys drie-in-een koeie: R30 500
  • Gemiddelde prys dragtige koeie: R20 000
  • Gemiddelde prys dragtige verse: R17 917
  • Gemiddelde prys oop verse: R11 560

Aangebied deur: Noord-Kaap Lewendehawe Vryburg

Afslaer: Johan van der Nest