Daar is tye in ‘n koei se lewe wanneer optimale sorg soos produksielekke ekstra belangrik is. Die voedingsbehoefte van ‘n koei in die 100 dae waarin die kalf gebore word en bevrugting plaasvind, is nagenoeg net soveel as wat sy in die res van die produksiejaar nodig het. Eerstekalfkoeie wat self nog moet groei om volwassenheid te bereik, se voedingsbehoeftes is nóg hoër in hierdie 100 dae kritieke tydperk. Produksielekke speel hier dus ‘n baie groot en deurslaggewende rol. Ulrich Müller van Voermol gesels nou hieroor, en oor die bydrae wat kuilvoer tot koeie se voedingsbehoeftes kan lewer.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Voermol.