‘n Leier in drupbesproeiing, Netafim South Africa, meen profielgate speel ‘n integrale rol in effektiewe besproeiing. Kyk 25 September 2020 se episode van Plaas TV wanneer Michael Esmeraldo van Netafim die grou van profielgate vir beter besproeiing in detail bespreek.

Die neem van kuilvoermonsters speel ‘n integrale rol in enige suksesvolle kuilvoermaakproses, nie net om die wenners in die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie te bepaal nie, maar ook om die leerproses so effektief moontlik te maak. Richardt Venter gesels in Plaas TV hieroor.

Agri-toerisme begin al meer gewild raak en is nie net tot verblyf op plase beperk nie. Dit het te make met elke aspek en gebruik van ‘n plaas vir toerisme-doeleindes. Christelle van Zyl kuier ook vandag in die Plaas TV-ateljee om met ons hieroor te gesels.

Inhoudsborg: Netafim

Markteborg: Nutri Feeds

Weerborg : Netafim

Nuusborg: Simparica/Zoetis 

Kalenderborg: Standard Bank

Advertensieborg: Bayer Animal Health

Plaas TV

Agter die skerms: Plaas TV is ‘n gereelde aanlyn-televisieprogram wat die jongste landbounuus, aktuele kwessies, tegniese inligting, finansiële sake, weer en soveel meer aanraak – alles gefokus op die Suid- en Suider-Afrikaanse landboubedryf.

Plaas TV is a weekday online television programme designed to inform, educate and enrich. The programme will consist of a balanced mix of news, market updates, interviews, weather, event information and much more.

The programme is broadcasted on Mondays, Wednesdays and Fridays at 08:00 on the Plaas TV YouTube channel, which can be accessed at this link. Programmes will be available on demand and can be viewed at any time once uploaded.