20 Desember 2017 se RSG Landbou word ingekleur met ‘n heerlike gesprek met Igsaan Felix oor die Jeffreysbaai Windplaas-gemeenskapsprojek.  Josua du Plessis, 2016 se graanboer van die jaar, het op uitnodiging van Syngenta, besoek gebring aan die organisasie se hoofkantoor in Basel, Switserland.  Hy gesels met Lise Roberts oor sy indrukke.  Jaco van Rensburg, ‘n veeteler van die Prieska-omgewing, gesels met ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, oor produksiemeting. Pieter du Plessis van ActionCOACH vertel meer oor die Visie, Missie en Waardestellings van ‘n plaas. Luister nou na al die lekker gesprekke.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.