RCL Foods, een van die grootste voedselvervaardigers in Suid-Afrika en tuiste vir talle bekende en geliefde Suid-Afrikaanse handelsmerke, insluitend twee vooraanstaande veevoerhandelsmerke, Epol en Molatek, kondig met genoeë die verkryging van Driehoek Voere, met ingang van 2 Julie 2018, aan. Met hierdie jongste verwikkelinge word die veevoer-handelsmerkportefeulje uitgebrei om Driehoek en Equus in te sluit.

Read it in English. 

Driehoek is ’n gevestigde voerhandelsmerk in die wild- en herkouerbedryf, terwyl Equus stewig in die perdemark gevestig is. Die Driehoek-aanleg in Vaalwater (Limpopo) is naby die wildmark, beesplase en informele braaikuikenmarkte van Limpopo en Mpumalanga en gee RCL Foods Veevoer groter kapasiteit om ruvoer te verwerk. Die nodige grondstowwe is geredelik in die omgewing beskikbaar.

Wouter de Wet, besturende direkteur van veevoerbesigheid, sê: “Hoewel ons nou druk besig is met die oordrag- en integrasie-fase van die transaksie, sal dit nie ’n impak hê op die dienslewering waaraan ons kliënte gewoond is nie. Ek glo die belangrikste voordeel wat die verkryging van Driehoek vir ons kliënte inhou, is die toegang tot ’n meer uitgebreide reeks hoë- en lae-ruvoerprodukte vir alle spesies en ’n groter prysspeling.” – Persverklaring