Die minister van omgewingsake, Barbara Creecy, het verlede week, tot die spyt van jagters én die wildbedryf aangekondig dat jag oor provinsies heen weer opgeskort is. Fred Camphor van SA Jagters gesels in 5 Augustus 2020 se aflewering van Plaas TV oor die impak hiervan op die bedryf en die mense wat van hierdie inkomste afhanklik is.

Daarna kuier Johan Taljaard van VDT Prokureurs ook in die ateljee en hy praat oor afleggings gedurende die Covid-19 pandemie en dan kyk ons na ‘n insetsel van AGT Foods.

Markteborg: Nutri Feeds

Weerborg: Netafim

Nuusborg: Simparica/Zoetis 

Kalenderborg: Standard Bank

Advertensieborg: Bayer Animal Health