Dinsdag se aflewering van RSG Landbou is Lise Roberts as’t ware agter die stuur van die trekker. Die program fokus onder andere op die belangrikheid van data en rekordhouding in ‘n boerdery. Rekordhouding op ‘n plaas is noodsaaklik, nie net om tendense waar te neem nie, maar ook om tekortkominge te identifiseer en sodoende die bestuur op die plaas te verbeter. Rekenmeester, Frans van Eden van Prioritise, brei meer hieroor uit. Luister nou na dié lekker onderhoud.

Johan Kock van Pioneer verduidelik aan Hennie Maas watter aksies gepaard gaan met die vroeë plantproses van gewasse en hoe belangrik die voorbereiding van ‘n goeie saadbed is. Luister nou na dié lekker onderhoud.

Die program sluit af met Theresa Franken van Rosemary Hill. Sy brei onder andere uit oor die gebruike en verbouing van roosmaryn. Luister nou na dié lekker onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.