Dié ram is teen ’n rekordprys verkoop. Van links is Pieter van Niekerk, DB Nel, Jovaan Cloete en Johan Venter, almal van BKB, Steyn Steenekamp, verkoper, Gert Jordaan, afslaer, Schalk Lourens, koper, Jan van der Walt van BKB, en Tjaart Steenekamp, verkoper. Voor is Andries Harding, hanteerder, en Henri Naudé van BKB.

Die nasionale Dormer-veiling is op 8 September 2018 in Bloemfontein aangebied. Altesaam 41 Dormer-ramme, 54 ooie en 4 ooie met lammers is op die veiling aangebied en verkoop. ’n Rekordprys is vir ’n Dormer-ram opgestel. Dié ram is deur Tjaart en Steyn Steenekamp van 2 Broers Dormers geteel. Die koper is Schalk Lourens.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys ram: R235 000
  • Gemiddelde prys ramme: R25 962
  • Hoogste prys ooi: R32 000
  • Gemiddelde prys ooie: R11 092
  • Gemiddelde prys ooie met lammers: R14 000

Aangebied deur: BKB Louwid Kroonstad

Afslaer: Gert Jordaan