Boran Nasionale-veiling
‘n Nuwe Suid-Afrikanse rekordprys is die afgelope naweek opgestel toe ‘n bul vir R1.7 miljoen verkoop het tydens die Boran Nasionale-veiling.

’n Nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys is die afgelope naweek opgestel toe ’n bul vir R1,7 miljoen verkoop het tydens die Nasionale Boran-veiling. Die bul QT12-30 (lot 19), ook bekend as Tarzan, van Wessel en Doempie Meyer van Meybor Borane, is aan Jaco van der Walt verkoop. Die veiling het op 18 Julie by Afridome in Parys plaasgevind.  

Wessel sê dat QT12-30 van jongs af die potensiaal getoon het om ’n top stoetbul te word. “Hy is uit ou, beproefde genetika wat hul al self bewys het, geteel. Tarzan is ’n ongelooflike goed-gebalanseerde bul met alles wat ’n top stoetbul moet hê: manlikheid, lengte, diepte, breedte, sterk toplyn, baie goeie bespiering, sterk bene en baie goeie haar- en velgehalte. Sy nageslag is van baie hoë standaard,” sê Wessel.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys bul: R1 700 000 (Verkoper: Wessel en Doempie Meyer, Meybor Borane, Ermelo. Koper: Jaco van der Walt, Mosdene Borane, Naboomspruit)
  • Gemiddelde prys bulle: R181 800
  • Hoogste prys koeie en kalf: R350 000 (Verkoper: Stompie Olivier. Koper: Simeon en Jarren Hurwitz, Hurwitz Farming, Davel)
  • Gemiddelde prys koeie en kalwers: R56 150
  • Hoogste prys dragtige verse: R180 000
  • Gemiddelde prys dragtige verse: R61 000

Afslaer: Johan van der Nest

Aangebeid deur: Vleissentraal