Gerrie Muller van die welbekende Revack Suid-Afrikaanse Vleismerino (SAVM)-stoet het op 27 Maart 2018 sy 13de produksieveiling aangebied. Die veiling is op sy plaas, Revack in die Frankfort-distrik, gehou. Altesaam 190 uitstaande SAVM-skape, waaronder 26 geregistreerde ramme wat almal verkoop is, is aangebied.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys ram: R17 000 (Koper: Kobus Hattingh, Frankfort)
  • Gemiddelde prys ramme: R9 326
  • Hoogste prys stoetooi: R7 500 (Koper: Ben Geldenhuys, Krugersdorp)
  • Gemiddelde prys stoetooie: R6 416
  • Hoogste prys dragtige kommersiële ooi: R5 600 (Koper: Kobus van Zyl, Kocksvlei)

Aangebied deur: BKB Louwid Frankfort

Afslaer: Jan Mostert