In Dinsdag se RSG Landbou, gesels Lise Roberts met ‘n boer, Fanie Els, wat van sy Braunvieh-beeste geskenk het vir die PLAAS Landboujeugstigting se Veeplaas-kuddeprojek by Unicom Landbouskool. Daar is ook ‘n breedvoerige gesprek met MC Loock van Standard Bank oor die bestuur van risiko in die landbou.  As u meer wil weet oor die tegnologie wat in die kuilvoerbedryf gebruik word om kuilvoerhope mee te bedek en teen suurstof te beskerm, luister dan wanneer Heinrich Meyer gesels oor vordering op dié gebied. Ons sluit die program af met die laaste wolkmarkverslag van die seisoen. Luister hier na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.