Roofdiere is op verskeie plase in Namibië buite beheer en die getalle ontplof. Daarom is ’n projek deur die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) van stapel laat loop om ’n akkurater aanduiding van die voorkoms van probleemdiere en die skade wat hulle aanrig te kry. Vraelyste is aan boereverenigings gestuur en volgens die inligting is na raming sowat R10 miljoen se skade in 2016 deur probleemdiere aangerig. In 2017 het dit sowat R4 miljoen beloop.

Groot getalle olifante veroorsaak voortdurend probleme op plase in die Kunene-streek en in die droogtetye trek wild na plase, waar hulle met vee om kos en water meeding en infrastruktuur beskadig. Akkurate syfers is egter nodig om die owerheid oor die probleme in te lig en ’n oplossing te probeer kry. – Andries Gouws, Veeplaas

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here