RPO en NWKV hou voorslag-streeksvergaderings in die Vrystaat

481
Van links is dr Pieter Vervoort, Herman Archer, Corine Steyn, dr Faffa Malan en Neville Raath, ondervoorsitter van die RPO in die Vrystaat.

Vee-identifikasie en siektevoorkoming was hoog op die agenda tydens vanjaar se reeks streeksvergaderings van die Vrystaatse bene van die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).

Sprekers tydens die vergaderings was dr Pieter Vervoort, voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum, en die bekende veearts en bestuurder van die Herkouer Veterinêre Vereniging (RuVASA), dr Faffa Malan.

Dr Vervoort het die belangrikheid van ’n nasionale vee-identifiseringstelsel beklemtoon en verduidelik hoe die veeidentifikasie- en naspeurbaarheidstelsel (LITS) sal werk, terwyl dok Faffa die belangrikheid van voorkomende siektebeheer benadruk het deur daarop te wys dat ‘n ‘dit sal nie met my gebeur nie’-houding, die verkeerde benadering is.

Herman Archer, voorsitter van die NWKV in die Vrystaat, en Corine Steyn, skakelbestuurder van die RPO, het lede toegelig oor die aktiwiteite van die onderskeie organisasies oor die afgelope jaar. –Izak Hofmeyr, Veeplaas